VSA: Doodsdreigemente vir die verdediging van die huwelik

Die 14-jarige Sarah het verlede maand voor Maryland se wetgewer verskyn en wetgewers aangemoedig om nie die huwelik te herdefinieer nie, en 'n komitee gevra om 'nee' te stem oor gay-huwelike. Nadat haar getuienis aanlyn verskyn het, is sy aan aanvalle, dreigemente van geweld en doodswense onderwerp. Sarah het gesê: 'Ek voel regtig sleg vir die kinders wat twee ouers van dieselfde geslag het. Alhoewel sommige kinders dink dit is goed, het hulle geen idee van die wonderlike ervarings waarop hulle mis nie. Ek wil nie hê meer kinders moet verwar word oor wat reg en okay is nie. Ek wil nie in 'n wêreld grootword waar die huwelik nie meer so 'n spesiale ding is nie.' In Brittanje het die konserwatiewe LP David Burrowes onthul dat hy 'n doodsdreigement ontvang het weens sy steun vir die tradisionele definisie van die huwelik. Hy het die onthulling gemaak by die bekendstelling verlede week van Coalition for Marriage, 'n nuwe voetsoolvlakveldtoggroep wat toegewy is aan die behoud van die tradisionele definisie van die huwelik.

Bid: dat God almal sal beskerm en aanmoedig wat 'n publieke standpunt inneem ter ondersteuning van tradisionele Christelike waardes in die VSA en elders. (Ps.32:8)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/girl-14-gets-death-threats-for-defending-marriage/