Print this page

VSA: Egpaar word beboet omdat hulle Bybelstudie in eie huis gehou het

Chuck en Stephanie Fromm is beboet omdat hulle Bybelstudies in hul huis in Suid-Kalifornië gehou het. Volgens stadsamptenare oortree hulle 'n munisipale kode wat 'godsdienstige, broederlike of nie-winsgewende' organisasies in woonbuurte sonder 'n permit verbied. Sonder waarskuwing is hulle in Mei, toe weer in Junie, beboet vir $300 dollar en appèlle is geweier omdat hulle 'n 'Voorwaardelike Gebruikspermit' nodig het. Sonder die permit staar hulle $500 in die gesig vir elke bykomende byeenkoms. ’n Voorwaardelike gebruikspermit is duur en moeilik om te bekom aangesien dit verkeers- en omgewingsimpakverslae vereis en die huis toeganklik maak vir rolstoele. Die president van die Pacific Justice Institute het gesê: 'Informele byeenkoms in 'n huis kan nie deur die regering met agterdog behandel word net omdat dit godsdienstig is nie. Ons kan nie toelaat dat dit in Amerika gebeur nie, en ons sal so lank en so hard veg as wat dit neem om hierdie groep se godsdiensvryheid te herstel.'

Bid: dat gesonde verstand sal seëvier en dat God hierdie situasie positief vir die gemeenskap sal gebruik. (Ps.11:7)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/religious-freedom/american-couple-fined-for-holding-bible-study-in-own-home