Print this page

VSA: Christelike regsgemeenskap verloor die reg om Christen te bly

Op 28 Junie 2010 het die Hooggeregshof 'n meerderheidsbesluit uitgereik dat 'n Regskool in Kalifornië kan vereis dat 'n Christelike groep sy leiersposisies oopstel vir alle studente, insluitend diegene wat nie saamstem met die groep se geloofsverklaring nie. Hierdie besluit bevestig die 'all comers'-beleid van Hastings College of the Law (Hastings), wat vereis dat alle groepe alle posisies vir alle studente oopstel, ongeag hul oortuigings. Die saak stem ooreen met gebeure in 2007 by die Exeter Universiteit, Engeland, waar die Christen Unie (CU) 'n poging deur die Studentegilde moes weerstaan om 'n aantal van sy jarelange regte en voorregte te verwyder, en die Gilde beweer dat die CU grondwet nie voldoen aan sy Gelyke Kanse-standaarde. Andrea Minichiello Williams, Direkteur van die Christian Legal Centre, het gesê: 'Dit is noodsaaklik dat mense in 'n vrye en demokratiese samelewing hulself sonder inmenging rondom kernoortuigings moet kan organiseer'.

Bid: dat die regte van Christene deur die howe gehandhaaf sal word. (Ps.94:8)

Meer: http://www.ccfon.org/view.php?id=1118