VSA: Kandidate se beloftes

Geopende Deure VSA werk saam met kandidate van beide partye wat die posisie van president van die Verenigde State soek om 'n godsdiensvryheidsbelofte te maak. Die belofte is nou aan al die presidensiële kandidate voorgelê om te onderteken. 'n Kandidaat se handtekening dui aan dat hulle daartoe verbind is om godsdiensvryheid vir mense van alle gelowe in Amerika te handhaaf, en om godsdiensvryheidskwessies in buitelandse beleid te prioritiseer. Tot dusver is Rick Santorum die enigste presidentskandidaat wat dit onderteken het. Intussen vra ’n koalisie van Joodse, Christen- en Moslemleiers kandidate om nie vrede in die Midde-Ooste uit die oog te verloor nie. Hul verklaring lui: 'Terwyl die meerderheid Israeli's en Palestyne aanhou smag na vrede, verhinder politieke probleme aan beide kante leiers om vorentoe te beweeg. Die maande voor die Amerikaanse nasionale verkiesing bied 'n spesiale uitdaging, ons doen 'n beroep op kandidate om nie enige retoriek te gebruik wat die vooruitsigte vir vrede meer problematies kan maak nie.' Sien:

Bid: dat die volgende Amerikaanse president godsdiensvryheid en kulturele geregtigheid in die nasionale kollig sal handhaaf en hierdie mees gewaardeerde vryhede vir toekomstige geslagte sal bewaar. (Ps.45:4)

Meer: http://www.pledgeforreligiousfreedom.com/pledge-for-religious-freedom