Uganda: Land hou Vrydag verkiesings

Uganda het Woensdag die laaste dag van veldtogte in verkiesings betree wat waarskynlik nog 'n termyn vir president Yoweri Museveni, reeds die langsdienende leier in die streek, sal verseker. Die aandag verskuif reeds na die onmiddellike na-peilingstydperk, met die presidente se vernaamste mededinger, Kizza Besigye, wat belowe het om sy eie telling van die stemme te doen. Besigye het beweer dat slegs bedrog hom van oorwinning kan ontneem en het gewaarsku dat Uganda ryp is vir 'n Egipte-styl opstand, en het verlede week gesê: 'Die brutaliteit van die staat onderdruk mense totdat hulle ontplof. En sodra hulle ontplof kan geen mate van brutaliteit hulle keer nie.' Die meeste waarnemers meen 'n gebrek aan internet-gebaseerde aktiviste in Uganda ondermyn parallelle met die populêre opstande in Tunisië en Egipte. Prys God egter by 'n gebedsaamtrek wat deur die Inter-Religious Council of Uganda (IRCU) gereël is, het presidensiële kandidate belowe om te streef na 'n geweldvrye verkiesing. Die leiers het ook daartoe verbind om die uitslag van die peiling te aanvaar en grondwetlike maniere te vind om enige geskille aan te spreek. Sien

Bid: dat die kerk in Uganda daarin sal slaag om politieke leiers aanspreeklik te hou vir hul toewyding voor God. (Mig. 2:1)

Meer: http://www.capitalfm.co.ke/news/Africa/Uganda-vote-set-to-return-veteran-leader-11713.html