Turkye: sluipende transformasie

Beelde van voorgestelde nuwe Turkish Airlines-uniforms is aanlyn uitgelek, en in Turkye waar oënskynlik onbenullige sake bitter wedstryde oor identiteit kan word, ontlok die uitgelekte voorstelle passievolle reaksies van die sekulêres en die vromes. Sommige het hulle gespot omdat dit herinner aan die Islamitiese 16de eeuse kleredrag. Ander het hulle 'n deursigtige poging genoem om die Islamitiese Gewortelde Geregtigheid en Ontwikkelingsparty tevrede te stel. Die party se dekade lange bewindstydperk het veranderinge in die tradisioneel sekulêre kultuur teweeggebring – Islamitiese kopdoeke in die openbaar en op universiteitskampusse en beperkings op alkohol op sekere plekke. Volgens 'n sosioloog aan die Midde-Ooste Tegniese Universiteit in Ankara glo baie dat 'n sekere lewenstyl aan alle instellings in Turkye afgedwing word. Turkish Airlines word 50% besit deur die regering, wie se leier óf deur sy teenstanders daarvan beskuldig word dat hy 'n streng Islamis is óf 'n hedendaagse sultan vir sy opbou van mag. Terwyl Turkye 'n Moslemland is, is dit trots op 'n sekulêre regering.

Bid: dat Eerste Minister Recep Tayyip Erdogan en sy regering sterk sal staan teen druk van diegene wat 'n meer Islamitiese regering wil hê. (Jos.1:9)

Meer: http://www.nytimes.com/2013/02/25/world/europe/new-uniforms-for-turkish-airlines-createuproar.html?pagewanted=all&_r=0