Print this page

Turkye: Onluste as gevolg van voorgestelde projek

'n Maatskappy met noue bande met die regering wat van voorneme is om kulturele sentrums, 'n moskee, 'n militêre kaserne uit die Ottomaanse era en 'n operahuis in 'n kosbare Istanbul-park te bou, was die sneller vir betogings wat tot landwye anti-regeringsonrus versprei het. 'n BBC-verslaggewer wat onrus in Griekeland, die Occupy-betogings gedek het en vanaf Tahrir-plein berig het, het gesê die breedte van sosiale ondersteuning binne die stedelike enklave van Istanbul is groter.' Eerste Minister Recep Tayyip Erdogan het gesê: 'Dit gaan nie meer oor Gezi Park nie. Dit is georganiseerde geleenthede met affiliasies beide binne Turkye en in die buiteland. Diegene wat nuus maak en hierdie gebeure die Turkse Lente noem, ken nie Turkye nie.' Betogers sê die Turkse regering word al hoe meer outoritêr. Hulle vrees dat mnr. Erdogan se Justisie en Ontwikkelingsparty (AKP) probeer om konserwatiewe Islamitiese waardes op die amptelik sekulêre land af te dwing en inbreuk maak op hul persoonlike vryhede.

Bid: dat alle vakbonde, politieke en godsdienstige groepe die situasie sal kalmeer - onthou dat vreedsame betogings deel is van demokratiese uitdrukking. (Ps.37:37)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-22753418