Turkye: Kerkgroep kondig dag van gebed aan

Die Vereniging van Protestantse Kerke in Turkye nooi Christene wêreldwyd uit om deel te neem aan 'n dag van gebed vir die oorwegend Moslemland. Die Internasionale Dag van Gebed vir Turkye sal elke jaar op 18 April plaasvind, die herdenking van die gruwelike moorde op drie Christenwerkers in 'n Bybeluitgewery in Malatya in 2007 deur 'n groep jong Moslem-Turke. Die groep vra Christene om te bid dat Turkye se klein Christelike gemeenskap in die Heilige Gees versterk kan word om tot eer van God te lewe en dat die mense van Turkye hul harte en oë sal oopmaak vir die Koninkryk van God.

Bid: vir die Turkse nasie dat hulle harte en oë sal oopmaak. (Mt.5:1)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/church.group.announces.day.of.prayer.for.turkey/23052.htm