Tunisië: Moslem-aanbod om Christelike terrein in 'n moskee te omskep

'n Moslemgroep van ongeveer 20 het probeer om 'n Christelike basiliek in Tunisië oor te neem – 'n teken van die groeiende bedreiging vir die land se klein kerkie in die nasleep van die rewolusie. Op 16 September het die groep na die Romeinse terrein gegaan met die doel om dit in 'n moskee te verander, met die argument dat dit 'n plek van Moslem-aanbidding was voordat dit in 1966 na 'n basiliek teruggekeer het. 'n Woordvoerder het gesê die groep het daarheen gegaan om die plek voor te berei vir Vrydag gebede maar die polisie het hulle uiteengejaag. Hulle is genooi om 'n amptelike versoek aan die geloofsbediening te rig, maar soos sake staan, bly die monument 'n basiliek. Die voorval is 'n kommerwekkende teken van wat Tunisië se klein Christelike gemeenskap kan tref as die land se toekoms deur 'n Islamitiese agenda gevorm word, soos waarskynlik lyk. Daar is toenemende openbare afdwinging van Islam in die land - gedwonge sluier van vroue, gedwonge gebed en veroordelings vir afvalligheid.

Bid: dat God sal seëvier oor Tunisië se oorgang na demokrasie en die grondwetlike vergadering wat op 25 Oktober verkies sal word. (Jes.25:3,4a)

Meer: http://www.barnabasfund.org/UK/News/News-analysis/Muslim-bid-to-turn-Christian-site-into-a-mosque-in-Tunisia.html