Tanzanië: Christene leef in wolk van vrees in Zanzibar

Op Tanzanië se semi-outonome eiland Zanzibar leef Christene in 'n klimaat van vrees. Dit is 'n plek waar 'n jong man van die eiland vlug om doodsdreigemente van sy Moslem-familie te ontsnap waar ander tronkstraf kies, deur 'n skuldig pleit, eerder as om 'n gewisse dood deur 'n woedende skare in die gesig te staar. Yusuf Abdalla het na Moshi, die vasteland van Tanzanië, gevlug nadat sy familie in Junie gedreig het om hom dood te maak. Hy het tot die Christendom bekeer nadat hy die evangelie op die radio gehoor het toe sy familie uitgevind het dat hy Islam verlaat het. Die pak slae wat hy toe van familielede gekry het, het hom met beserings aan sy kop, hand en bolyf gelaat, asook 'n ernstige mondwond en aansienlike bloedverlies, het 'n gebiedspredikant gesê wat anonimiteit versoek het. Sodra hy genoeg herstel het om te vertrek, het Abdalla skuiling by die pastoor se kerk gevind voordat hy na Moshi gevlug het. Klik op die 'Meer'-skakel vir meer stories.

Bid: dat God die vrees van Sy mense sal ophef en hulle 'n gees van vrymoedigheid sal gee. (Hand.4:29)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/tanzania/article_117316.html