Print this page

Tanzanië: Christelike vrese groei

Radikale Islamiete het op Sondag 21 November twee kerkgeboue op Tanzanië se semi-outonome eiland Zanzibar gesloop, en gemeentelede het sedertdien doodsdreigemente ontvang. Die kerkgeboue wat aan die Tanzania Assemblies of God en die Evangelical Assemblies of God Zanzibar behoort, is omstreeks 20:00 afgebreek, het biskop Fabian Obeid van EAGZ gesê. Dit is die jongste in 'n reeks gewelddadige dade wat daarop gemik is om Christene in die Moslem-gedomineerde streek af te skrik. Die vernietiging op die eiland aan die kus van Oos-Afrika het vrese laat ontstaan dat Moslem-ekstremiste tot enige lengte kan gaan om die verspreiding van Christenskap te beperk, het kerkleiers gesê. 'n Kerklid wat anonimiteit versoek het, het berig dat hy een Moslem hoor sê het: 'Ons het ons gebied skoongemaak deur die twee kerke te vernietig, en nou is ons op ons missie om individuele lede van hierdie twee kerke dood te maak - ons sal nie toelaat dat die kerk weer gebou word nie .'

Bid: dat die Christene van Zanzibar vrees sal oorkom, beskerm en bemoedig word deur die krag van God se Heilige Gees. (Ro.8:39-39)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/tanzania/28938/