Kerkleiers van Sirië, Rusland, die Verenigde State en Europa het gesê dat 'n politieke oplossing die enigste manier is om vrede in Sirië te verseker. Hulle dring aan op 'openbare verontwaardiging' teen die voortslepende burgeroorlog wat minstens 100 000 mense doodgemaak het en twee miljoen gedwing het om uit hul huise te vlug. Die kommentaar volg op 'n vergadering by die Ekumeniese Instituut in Genève, Switserland, met Kofi Annan, die voormalige hoofsekretaris van die Verenigde Nasies, en Lakhdar Brahimi, VN-Arabiese Liga se gesamentlike verteenwoordiger vir Sirië. Die vergadering is deur die Wêreldraad van Kerke gereël om die rol van kerke te bespreek om Sirië na 'n vredesooreenkoms te beweeg. Ds Dr Olav Fykse Tveit, WCC-hoofsekretaris, het gesê vredespogings "moet nie misluk nou wanneer duisende mense reeds gesterf het nie". Hy het gesê die internasionale gemeenskap en alle partye tot die konflik in Sirië moet verantwoordelikheid aanvaar om vredesgesprekke suksesvol te maak en dat kerke die proses moet ondersteun.
Bid: dat die huidige stappe om vrede in hierdie verskriklike konflik te bring suksesvol sal wees. (Ps.37:37)