Sirië: Marteling

Die veldtog van geweld wat deur president Bashar al-Assad geloods is in reaksie op openbare betogings het nou gelei tot die dood van 5000+ burgers deur die regering. Menseregtegroepe sê soveel as 37 000 word in tronke en geheime aanhoudingsentrums aangehou waar marteling roetine is. Minstens 617 mense is dood weens marteling. So onlangs as 5 Januarie het verskeie aktivistegroepe dodelike geweld aangemeld waarby veiligheidsmagte op betogers skiet en botsings tussen weermag en soldate wat na die opposisie oorgeloop het. Ons word gevra om te bid vir die redding van president al-Assad, en vir hom om op te hou om sy eie mense dood te maak en te martel. (I Tim.2:1-4) Bid dat die Here Sy planne en voornemens vir hierdie nasie sal bereik. (Jer. 29:11). Vir diegene wat vriende en familie verloor het om vertroos te word. Bid dat hulle tot die Here sal roep om Sy liefde en vertroosting te ken in hierdie tyd van hartseer. (II Kor.1:3,4)

Bid: te midde van Sirië se skudding – sal God Homself aan die Siriese Kerk openbaar met groot krag, tekens, wonders, drome en visioene sodat menigtes hulle geloof in Jesus Christus as Here sal stel. (Kol. 4:3-20)

Meer: http://www.christiansincrisis.net/index.php?option=com_content&task=view&id=6559&Itemid=39