Sirië: Die nuwe pad na Damaskus

Te midde van hierdie krisis reik vervolgde Christene in Sirië en buurlande met vrymoedigheid uit na vlugtelinge. En die reaksies van Moslems was verstommend. "Wanneer jy hoor van een Moslem wat na Christus toe kom, is dit 'n groot ding en almal is bly." het 'n Voice Of the Martyrs Siriese kontak gesê. 'Vandag in Sirië praat ek nie van een persoon nie. Ons praat van honderde en selfs duisende Moslems wat Christus leer ken het.' Spanne gelowiges werk in die vlugtelingkampe en verskaf Christus se liefde terwyl hulle materiële hulp, mediese voorrade en Bybels deel. Christene wat algemeen as 'ongelowiges' in Sirië beskou word, word nou dikwels en liefdevol na verwys as 'die Bybelmense'. 'Hierdie oorlog is soos 'n mes in die hart van die kerk. Geen mens kan daardie lyding verduur nie. Nietemin is daar God se teenwoordigheid. Ek kan Christus te midde van duisternis sien. God doen wonderwerke - al laat Hy ons toe om te sterf, sal dit vir ons 'n eer wees om vir sy naam te sterf.'

Bid: vir voortgesette geestelike en materiële hulp aan diegene wat die verskriklike gevolge van oorlog in die gesig staar. Bid vir 'n toename in guns oor diegene wat elke geleentheid dapper gebruik om die koninkryk van God te bevorder. (Spr.22:1)

Meer: http://www.persecution.com/public/newsroom.aspx?story_ID=NjEy&featuredstory_ID=Mzk2&clickfrom=ZmVhdHVyZWRzdG9yaWVz