Volgens Breitbart.com en Daily Mail-berigte het Siriese rebelle verbonde aan Al-Kaïda die meestal Christelike dorpie Maaloula in Sirië (naby Damaskus) oorgeneem en terroriseer hulle die Christene daar; dring daarop aan dat hulle hulle tot Islam bekeer of sterf. Een inwoner het aan die Daily Mail gesê: 'Hulle het mense doodgeskiet. Ek het geweerskote gehoor en toe sien ek drie lyke in die middel van 'n straat in die ou woonbuurte van die dorpie lê.' 'n Ander het bygevoeg: 'Ek het gesien hoe die militante vyf dorpenaars gryp en hulle dreig en sê, óf jy bekeer jou tot Islam, óf jy sal onthoof word.' Daar is teenstrydige berigte oor of die al-Assad-regime of die rebelle in beheer van die stad is of nie. Volgens die Daily Mail is die dorpie, wat tussen die berge gebou is, op die UNESCO-lys van wêrelderfenisgebiede.
Bid: vir gelowiges en almal wat geterroriseer word deur al-Qaeda-gekoppelde rebelle. (Ps.140:1)
Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html