Byna 40 mense, insluitend vroue en kinders, is dood toe opposisievegters die dorpie Dweir, aan die buitewyke van Homs, op 27 Mei aangeval het. 'n Barnabas Fonds-vennoot het berig dat die rebelle sommige inwoners gemartel het voordat hulle hulle vermoor het. Op die dag ná die voorval het onafhanklike VN-ondersoekers gewaarsku dat opposisiemagte toenemend geradikaliseer word, en dat slegs 'n minderheid van hulle pro-demokrasie is en 'n staat vir alle Siriërs wil hê. Ten spyte van hierdie verwikkelinge beweeg Westerse regerings na groter steun vir die rebelle. Die Verenigde State sal nou vir die eerste keer direkte militêre hulp aan die Siriese opposisie verskaf. Ons word gevra om te bid dat die Here Westerse regerings sal lei wanneer hulle reageer op toenemende radikalisering onder die rebelle, en bid dat Hy hoop sal bring vir Siriese Christene wie se posisie in hul eie land al hoe meer onseker word.
Bid: vir vertroosting vir almal wat geliefdes in die slagting verloor het. Bid ook vir diegene wat uit hul huise moes vlug en dalk getraumatiseer is deur wat hulle gesien het. (Ps.34:17-18)