Pro-demokrasie-betogings wat in Maart 2011 begin is, gaan voort ondanks hewige regeringsopposisie. President Bashar al-Assad het gereageer deur meer as 5 000 van sy burgers dood te maak volgens nuwe statistieke van menseregtenavorsers. Duisende meer is gearresteer en gemartel. 148 kinders is hoofsaaklik deur geweerskote op die bolyf doodgemaak. ’n Verslag het bevind 16 van die kinders het erge marteling in aanhouding voor hul dood ondergaan. Amnesty International het gesê: 'Dit is moeilik om die motivering vir die marteling en dood van kinders in aanhouding te raai. Dit mag wees dat veiligheidsmagte hoop om mense van die strate af te skrik met die bedreiging van wat met hul kinders kan gebeur.' Internasionale leiers doen 'n beroep op al-Assad om uit te tree en op te hou met sy pogings om die ernstige bedreiging vir sy familie se 40-jarige bewind te onderdruk. Hy verwerp herhaaldelik hierdie oproepe en beweer dat betogings 'buitelands-geïnspireerde komplotte' is. Siriese Christene vra gebede vir God om in te gryp en vir politieke en emosionele genesing vir die land.
Bid: vir 'n vreedsame oorgang van mag, en vir leiers om God werklik te ken en met integriteit te dien. (Sag.13:9)
Meer: http://www.trust.org/alertnet/news/syria-new-report-indicates-over-5000-deaths-since-march