Siriese Christene gaan voort om ons gebede vir hul land aan te vra. Hulle merk op dat daar in die afgelope maande toenemende getalle aanvalle op Christene was wat blykbaar godsdienstig gemotiveer is. Een voorbeeld het op 9 Februarie plaasgevind toe twee priesters, Michel Kayyal (Armeens-Katoliek) en Maher Mahfouz (Grieks-Ortodoks), ontvoer is toe hulle per openbare bus tussen Damaskus en Aleppo gereis het. Die bus is gestop deur gewapende mans wat behoort aan een van die groepe wat teen die regering veg. Die gewapende mans het die identiteitsdokumente van alle passasiers nagegaan en net die twee priesters is geneem. ’n Salesiaanse priester wat saam met hulle gereis het, is nie ontvoer nie. Onderhandelinge vir hul vrylating duur voort. Ander ontvoerings is aangemeld, veral in die al-Hasakah-provinsie waar sommige Christene in die openbaar betoog het om teen hierdie kommerwekkende nuwe neiging te protesteer. Daar was 'n aantal aanvalle op kerkgeboue en ander Christelike eiendom. Sulke aanvalle word dikwels geïnterpreteer as waarskuwings of dreigemente vir die Christelike gemeenskappe.
Bid: dat die geweld in Sirië sal ophou, en vrede en geregtigheid vir alle Siriërs gevestig sal word; diegene wat ontvoer is, sal ongedeerd vrygelaat word. (Ps.7:9)