Print this page

Sirië: Veertig ton hulp van Iran

Op die eerste herdenking van anti-regeringsopstande in Sirië (15 Maart) het veertig ton se Iraanse hulpvoorrade in Damaskus aangekom. Die besending is die eerste van vier vliegtuigvragte wat Iran beplan om na sy belangrikste streekbondgenoot te stuur. Iran se ambassadeur in Sirië, Raouf Sheibani, het gesê die voorrade sluit medisyne, mediese toerusting, tente, komberse, kos en ambulanse in. Hy het gesê die hulp toon Iran se steun vir Sirië se huidige regering. "Iran staan ten volle agter die Siriese regime van president Bashar Assad terwyl dit veg teen gewapende rebellegroepe wat dit as terroriste beskryf," het Sheibani gesê. Iran hou vol verlede Donderdag se hulppakket was vry van enige wapens. Die Washington Post het egter 'n naamlose Amerikaanse intelligensie-owerheid aangehaal wat sê die hulp van Iran is 'toenemend gefokus op dodelike bystand'. Die laaste ding wat Iran wil hê, is om 'n regime te sien verander in een van sy sterkste streekbondgenote.

Bid: God se hand om die verloop van die botsende kampe wat in die Midde-Ooste opduik, te rig en dat Sy doel vinnig verwesenlik word. (Jes.25:3)

Meer: http://www.thetrumpet.com/9218.8059.0.0/middle-east/iran-pumping-aid-into-syria