Sirië: Gesant in Turkye verwag vir krisisgesprekke

'n Siriese gesant het Woensdag in Turkye aangekom vir krisisgesprekke met premier Tayyip Erdogan, dae nadat die Turkse leier die Siriese regering se onderdrukking van betogings as 'wreedheid' beskryf het. Die eens hegte verhouding tussen die bure blyk naby aan breekpunt te wees, aangesien duisende Siriërs na Turkye gevlug het om 'n hewige onderdrukking deur president Bashar Assad se veiligheidsmagte te ontsnap.

Bid: dat Jesus Christus in die middel van hierdie praatjies sal wees en dat elke strategie deur God se wysheid geïnspireer sal word. (Ps.17:13)

Meer: http://www.jpost.com/Headlines/Article.aspx?id=225080