'n Selfmoordbomaanvaller het die Nasionale Veiligheidsgebou in Damaskus tydens 'n vergadering van kabinetsministers getref, die Minister van Verdediging vermoor en ander senior amptenare gewond. Minister van Verdediging, Dawoud Rajha (65), 'n voormalige weermaggeneraal, was die mees senior Christelike regeringsamptenaar in Sirië. President Bashir al-Assad het hom verlede jaar in die pos aangestel. Teen Woensdag het die hoofstad vier agtereenvolgende dae van botsings gesien tussen regeringstroepe en rebelle wat probeer het om die regime tot 'n val te bring. Die gevegte is 'n ongekende uitdaging vir regeringsheerskappy in die streng beheerde hoofstad. Minister Dawoud se dood sal aanklank vind by Sirië se minderheid Christenbevolking (ongeveer 10%) Die Christene het oor die algemeen bygestaan
die regime, en sê hulle is veral kwesbaar vir die geweld wat die land oorspoel. Hulle is bang dat Sirië nog 'n Irak sal word, met Christene wat vasgevang is in die kruisvuur tussen mededingende Moslem-groepe. Republikeinse wagtroepe het die al-Shami-hospitaal omsingel waar sommige amptenare vir behandeling geneem is.
Bid : vir God se volgehoue beskerming van die onskuldige Siriese bevolking en vir Rusland, VSA en Europa om die land uit hierdie vyandige situasie te help. (Ps.9:3,4)
Meer : http://www.cbc.ca/news/world/story/2012/07/18/syria-bombing-defence-minister.html