Print this page

Sirië: Konfrontasie en verwarring

Siriese staatsmedia het berig 'geweldverslae was oordrewe propaganda'; twee regeringslede het egter bedank uit protes teen gewelddadige onderdrukkings. Die biskop van die Siries-Ortodokse kerk, Philoxenos Mattias, het gesê: 'Ons is met die regering en teen bewegings wat dit teenstaan, in Sirië het ons nie probleme soos Christene in ander lande nie. Ons het geen probleem met die president nie.' Sien Intussen het twee Siriese bloggers teenstrydige sienings aangeteken: - 'Die media is verkeerd. Ek is Christen en Siriër en weet dat Siriese Christene vir die regering is. Soennitiese Moslems probeer om dit af te bring' 'n ander Siriese blogger het geskryf, 'Christene is bang hulle sal die Allawiete-beskerming verloor; die Allawiete om hul bevoorregte posisie te verloor; die Asaads en Baath-party wat die miljoene dollars verloor het deur hul posisie te misbruik en die Soenniete is moeg daarvoor om tweedeklasburgers te wees in 'n land waar hulle die meerderheid is.' Sien

Bid: die Here sal Sy planne en doelwitte bereik en 'n gladde oorgang van mag na leiers onder Sy gesag bring. (Judas 1:25)

Meer: http://win1040.com/post.php?id=1199