Sirië: Kerkopleiding gaan voort ondanks onstuimigheid

Verlede Vrydag was die begin van Paasfees vir Christene regoor die Midde-Ooste; tienduisende Christene het uit Homs na Jordanië, Libanon en Turkye gevlug. 'Ons volg gebeure in Sirië baie, baie nou. Ons het personeel in Sirië en ons gaan voort om vir hulle te bid,' het Christine McLaren van Arabiese Wêreldbedieninge gesê. 'Christene ly meer as baie in Sirië omdat hulle 'n mate van simpatie met die al-Assad-regime gevoel het. Die relatiewe vryheid om te vergader en te aanbid wat hulle onder al-Assad geniet het, laat hulle met gemengde gevoelens oor enige verandering van leier.' Sy het bygevoeg, 'Mense is bang omdat Christene 'n mate van beskerming gevoel het wat groter is as ander Christene in die Midde-Ooste, maar om in lyn te wees met die regime het hulle nou kwesbaar gemaak vir aanval en het hulle geïdentifiseer as vyande van die mense.' Regoor die Midde-Ooste is Christene deur hul 'Heilige Dae'-seisoene geteiken.

Bid: vir die Christelike werkers wat die kerk hulpbronne en toerus, en mag God wonderbaarlike prestasies onder hierdie geslag doen - bid vir die uitbreiding van God se koninkryk deur die Midde-Ooste. (Mt.16:18)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/church.training.continues.in.syria.despite.turmoil/29670.htm