Print this page

Sirië: Christene maak gereed vir die ergste

Carl Moller by Geopende Deure skryf: 'Fundamentele Islamitiese groepe het gewelddadige betogings teen die Siriese regering georkestreer. Dit kan lei tot 'n nuwe regime wat selfs erger is as die huidige brutale president Assad. As 'n magsverandering plaasvind - kan die wraak van die Soenniete bloediger wees as die 8 300+ sterftes wat plaasgevind het. Christene in dosyne lande regoor die wêreld staar soortgelyke komplekse dilemmas in die gesig waar hulle nie op regerings kan staatmaak om hulle te beskerm nie. Maar hulle kan staatmaak op die gebede van die kerk en die krag van God deur Sy Woord om hulle te sien deur watter gevegte ook al kom. Lea in Sirië het gesê: 'Voordat ek nie die belangrikheid van gebed gesien het nie, toe het ek begin sien hoe die mense van God saamkom in vas en gebede en verstaan wat dit beteken om die liggaam van Christus te wees. My geloof is sterker omdat ek nie alleen is nie.'

Bid: vir Lea en miljoene soos sy wat ons vra om te bid vir hul veiligheid en moed. (Ps.31:2)

Meer: http://members.opendoorsusa.org/site/MessageViewer?em_id=56141.1&dlv_id=78982