Print this page

Sirië: Christene vrees gewelddadige terugslag van opstande

In 'n ommuurde kerkhof in die ou stad van Damaskus, debatteer 'n klein groepie Siriërs of die tyd aangebreek het om uit een van die Christendom se antieke hartlande te vlug. Lede van 'n Christelike gemeenskap wat byna 2 000 jaar terug strek, is bekommerd dat Sirië se burgeroorlog geen gelukkige uitkoms kan hê nie en hulle staar 'n omwenteling in die gesig wat medegelowiges reeds elders in die Midde-Ooste gely het. "Die toekoms is vol vrees," het een man gesê wat net sy voornaam, Rami, genoem het. 'Ons hoop nie ons lot sal dié van die Christene van Irak wees nie, maar niks is gewaarborg nie. Nou ontmoet ons eerder in die kerk as in kafees, want ons is bang om gebombardeer te word.' Namate aandskaduwees na 'n Sondagdiens langer geword het, het die jong mans en vroue 'n tydelike toevlugsoord in die kerkhof gevind van die burgeroorlog wat baie van hulle reeds verplaas het.

Bid: vir ons Christenbroers en -susters terwyl hulle die probleme van burgeroorlog in die gesig staar. (Ps.140:1-2)

Meer: http://in.reuters.com/article/2012/09/12/pope-lebanon-syria-idINL5E8KAKT120120912