Aleppo het hewige botsings tussen rebelle en Siriese regeringsmagte beleef, is Sirië se grootste stad en is die land se industriële en finansiële sentrum. Dit het die grootste bevolking Christene in die land, en saam met 'n mengsel van ander godsdienstige en etniese gemeenskappe, weerspieël die stad se demografie grootliks dié van die land as geheel. Alappo was traag om die geweld te betree, en terwyl aktiviste sê opposisie bestaan al 'n geruime tyd in die stad, is sy verhouding met die Vrye Siriese Leër (FSA) minder duidelik. Sien: Geopende Deure berig: 'In 'n kerk in Aleppo sing kinders en lag vul die sale. Christene bied 'n somer-toevlugsoord van die trauma. Ten spyte van al die uitdagings probeer hulle om 'n daaglikse Christelike toevlugsoord vir die ses weke lange somerkamp te reël; saam eet, speel en handwerk leer, bid en sommer lekker saam kuier.'
Bid: vir God se krag en gesag om almal te beskerm wat te make het met vrees vir geweld en onsekerheid. (Ps.68:1)