Sirië: Christelike gemeenskappe

Daar was Christene in Sirië sedert Bybelse tye en tot onlangs het die land 'n Christenbevolking van 2,3 miljoen gehuisves. Honderde duisende Christen-vlugtelinge wat uit anti-Christelike geweld in Irak vlug, het hulle ook daar gevestig. Tot verlede jaar was Sirië die een van die maklikste plekke in die Arabiese wêreld om 'n gelowige te wees. Die kerke kon hul geloof beoefen sonder veel inmenging en is deur die Moslem-meerderheid en die regering gerespekteer. Sedert 2010 het Christene in Sirië swaar gely tydens die opstand teen president Bashar Assad. * 60 000 Christene wat deur geweld in Homs ontheem is. * Christelike huise binnegeval en geplunder. * Evangeliese skool en versorgingsoord vir bejaardes beset en uitgedop. * Ontvoerings en grusame moorde. * Bomme in die Christelike gebiede van Damaskus en Aleppo. * Tienduisende wat dringend kos en ander basiese dinge benodig. Sien:

Bid: teen sektariese konflik en vir verbeterde veiligheid vir alle Siriërs. Mag die Christelike gemeenskappe hierdie seisoen oorleef. (Hos.14:3)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/May/Massacre-Pushes-Syria-Closer-to-Civil-War/