Sirië(b): VN soek gasheerlande vir vlugtelinge

Die Verenigde Nasies vra die Verenigde State en Europa om duisende Siriese vlugtelinge in te neem. Sedert die begin van Sirië se burgeroorlog het meer as 1,5 miljoen Siriërs uit die land gevlug om skuiling te soek. VN-amptenare dink dat die getal teen die einde van die jaar 3,5 miljoen kan bereik. Volgens Adrian Edwards, woordvoerder van die agentskap, poog die VN om 10 000 vlugtelinge te hervestig. Edwards het Dinsdag aan die Associated Press gesê dat 'hervestiging slegs een van die instrumente is wat ons gebruik en is geneig om van toepassing te wees op 'n baie klein aantal hoogs kwesbare individue van enige vlugtelingbevolking.' Die Duitse minister van binnelandse sake, Hans-Peter Friedrich, het gesê Duitsland het reeds ingestem om die helfte in te neem. Edwards sê die Verenigde State en Duitsland bied gewoonlik die meeste hulp.

Bid: vir al die administrasie en toepassing wat met hierdie inisiatief gepaard gaan vir die onteiende kwesbares. (Job 22:29)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2013/June/UN-Seeks-Host-Countries-for-Syrian-Refugees/