Print this page

Sirië: Beskerm en luister na Christene

Ekstremistiese Islamitiese magte in Sirië se opposisiebeweging het plaaslike Christene aangeval weens die oortuiging dat hulle die regime van president Bashar al-Assad steun. Volgens 'n verslag deur die World Evangelical Alliance Religious Liberty Commission, het die land se grootste denominasie, die Siriese Ortodokse Kerk, onlangs 'n voortdurende etniese suiwering van Christene uitgelig. Die optrede is na bewering deur lede van 'n Al-Kaïda-gekoppelde militante Islamitiese groep, Brigade Faruq, in die stad Homs, 'n opposisievesting. Die Katolieke nuusagentskap Fides het berig dat meer as 90 persent van Christene in Homs na Jordanië gevlug het en hul huise is deur die militante gegryp. Die verslag lui dat Christene elders in Sirië ook nie veilig is nie weens dreigemente en voorvalle van geteikende ontvoerings, moorde en bomaanvalle.

Bid: dat die 10% Christen en die 80% Alawiete en Moslem bevolking die pad van vrede sal vind en volg en God se pad vorentoe vir die streek sal ken. (Jes.30:21)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2012/s12040146.htm