Print this page

Sirië (a): VN-veiligheidsorg vir Golanhoogte

Die Golanhoogte het 'n politieke en strategiese betekenis wat die grootte daarvan weerspreek. Daar is 30+ Joodse nedersettings op die hoogtes en 20 000 Siriërs, meestal lede van die Druze-sekte. 900+ VN-soldate monitor die Israel/Sirië-grens. Maar Sirië se geweld wat na die VN-gepatrolleerde sone oorstroom het, het Oostenryk genoop om sy 377 vredessoldate te verwyder ná byna vier dekades van vredeshandhawing. Hierdie besluit laat die Filippyne as die grootste bydraer. Indië het ook troepe wat in die Golan gesetel is, maar Kroasië, Kanada en Japan het hul kontingente onttrek weens die Siriese konflik. Sirië se ontplooiing van tenks in die gedemilitariseerde sone oortree 1973 wapenstilstand-ooreenkomste, maar bronne het aan die BBC gesê dat Israel nie sal reageer nie. Daar is kommer dat die burgeroorlog in Sirië verder oor hierdie en ander grense gaan spoel en dat die Golanhoogte gebruik kan word om aanvalle teen Israel te loods.

Bid: vir die inperking van Islamitiese ekstremiste en Hezbollah-militante wat in Sirië veg en dat die oorlog nie verder na buurlande sal uitspoel nie. (Ps.80:14 & 19)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-22862213