Print this page

Soedan: Om 'n Moslemstaat te wees

Soedan se huidige grondwet verleen teoreties vryheid van godsdiens, met die erkenning dat die staat 'multi-godsdienstig' is. Op Woensdag 12 Oktober het Soedan se president Omar Hassan al-Bashir gesê hy beplan om 'n heeltemal Islamitiese grondwet aan te neem en Sharia-wetgewing te versterk, wat die bedreigingsvlak vir Christene en ander nie-Moslems in 'n 'Moslemstaat' verhoog. Hy het gesê, '98% van die mense is Moslems en die nuwe grondwet sal dit weerspieël. Die amptelike godsdiens sal Islam wees en Islamitiese wet die hoofbron van die grondwet.' Dit kom te midde van berigte van toenemende dreigemente en druk op kerke in Soedan en geteikende aanrandings op Christene, pastore en kerke in die grensgebied van Suid-Kordofan, wat deur die Soedanese weermag aangeval is.

Bid: vir die veiligheid van meer as 'n miljoen Christen-suiderlinge wat nog in Soedan woon, sowel as vir nie-Moslem en nie-Arabiese noordelikes. (Ps.20:1)

Meer: http://www.barnabasfund.org/Sudan-to-become-official-Muslim-state-in-ominous-move-for-Christians.html