Soedan: Vlugtelingkamp sterftesyfers styg

Toestande in Suid-Soedan se vlugtelingkampe vererger steeds hierdie week met groot vlugtelinge-invloei en oorstromings van stortreën. Gesondheidskwessies is 'n prioriteit. In Unity-staat het nuwe aankomelinge verdubbel tot byna 60 000 - baie kom in 'n swak toestand aan. Daar is oorbevolking in hierdie beperkte strook grond wat reeds deur reën afgesny is. Om 'n skerp toename van bloedige diarree-gevalle aan te spreek, word meer putte geboor om skoon drinkwater te verseker, ook word jerrykanne en emmers aan gesinne met kinders onder vyf jaar uitgedeel. Pogings om bewustheid onder die meestal jong vlugtelingbevolking oor higiëne-, gesondheids- en voedingsrisiko's te verhoog, word ook geïmplementeer. Elders in die Bo-Nylstaat is meer as 110 000 vlugtelinge nog 'n kritieke uitdaging. Die meeste van die 40 000+ vlugtelingbevolking vanaf Jammam word ook na ander terreine gevestig as gevolg van die Jammam-kamp wat op die rand van 'n malariamoeras geleë is.

Bid: vir God se genade om die talle hulpverleningsinstansies te voorsien van alles wat hulle nodig het om lyding te verlig en die dood te voorkom. (2Sa.22:7

Meer: http://www.trust.org/alertnet/news/unhcr-alarm-on-health-risks-for-refugees-in-south-sudan