Op 21 April is die Anglikaanse Kerk in Sawafi aangeval deur 'n skare, uitgelok deur 'n radikale Imam. Veiligheidsmagte het die skare gestop, toe het sommige 'n alternatiewe roete gevind en die gebou geplunder en afgebrand. Ook op 21ste is die Gereif-Wes Bybelskool in Al-Gereif erg beskadig in 'n brandstigting deur 'n Moslem-skare. Hulle het aan die einde van Maart en vroeg in April dreigemente van geweld ontvang. Kerke op die terrein sowel as die Bybelskool is in die aanval beskadig.Kantoortoerusting, biblioteekhulpbronne en studente se persoonlike besittings is vernietig. Op 19 April in Burri is 130 Suid-Soedanese universiteitstudente aangehou en sewe dae gegee om Soedan te verlaat nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle Suid-Soedan se inval in die Heglig-olieveld gevier het. Die studente het ontken dat hulle so 'n viering gehou het. Soedanese Christene bedank dat niemand in die onlangse aanvalle beseer is nie.
Bid: Christene in Khartoem sal die vrede, teenwoordigheid en beskerming van Jesus ken, en Sy instaatstelling om sonder vrees te lewe; en vir aangehoudene studente om vrygelaat te word en die Gees se leiding en wysheid te ken.