Soedan: Christene ontruim

Barnabas Fonds het meer as 2 300 Christene vanaf Soedan vervoer sedert die begin van sy reddingsending vier maande gelede. Die Christene word ontruim weens toenemende vyandigheid in die meerderheid-Moslem-land. Nadat Suid-Soedan in 2011 onafhanklikheid verkry het, het die grootliks Christelike Suidlanders wat in Soedan woon, hul burgerskapregte verloor en is beveel om te vertrek. Daar is min teken van toestande wat verbeter, aangesien die Soedanese president Omar al-Bashir belowe het om 'n ten volle Islamitiese grondwet in te bring en die Sharia-wet te versterk. Die Christene in die Barnabas-ontruimingsprogram word na Suid-Soedan geneem, wat grotendeels Christelik is. Die ontruimdes, wat vroue en kinders insluit, word in samewerking met Africa Inland Church Sudan per bus vervoer. Daar is planne om nog 1 500 uit Soedan te red. Dr Patrick Sookhdeo, Internasionale Direkteur van Barnabas Fonds, het gesê: 'Dit was wonderlik om te sien hoe die Here se hand aan die werk is in die Exodus-sending.'

Bid: dat God sal voortgaan om hierdie werk te seën sodat baie meer Christenvroue en -kinders wat in Soedan vasgekeer is na veiligheid gehelp kan word. (Ps.34:22)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.evacuated.from.sudan/31398.htm