Print this page

Soedan: Deurbraak moontlik - Christene ly

Na aanleiding van verlede week se Gebedswaarskuwing-verslag van duisende wat brand en plundering deur Noord-Soedan-magte in en om Abyei vlug, het die Soedanese regering 'n pakket voorstelle aangebied om die kwessie van Abyei se betwiste olieryke gebied op te los. Die voorstelle het die ontplooiing van troepe van die Afrika-unie en die aanstelling van 'n nuwe voorsitterskap vir die gebied op rotasie tussen Noord- en Suid-Soedan ingesluit. Elders duur konflik voort terwyl Soedanese owerhede 'n Christenvrou in 'n Darfoer-kamp gearresteer het wat daarvan beskuldig word dat sy Bybels besit en versprei het. Bronne het gesê sy kan ook verhoor word vir afvalligheid, wat die doodvonnis in Soedan oplewer. In Khartoem is 'n gewonde Christen-ma van 'n 2 maande oue baba en haar man behoeftig omdat hulle Islam verlaat het vir die Christendom. Noordelike Christene word meer kwesbaar. Bron:

Bid: dat Soedan se geestelike atmosfeer van dood na lewe verander en dat die voorstelle die konflik vreedsaam sal oplos. (Jes.2:4)

Meer: http://www.bernama.com/bernama/v5/newsworld.php?id=590670