’n Botsing tussen Suid-Soedan se weermag en rebelle-milisies het op 25 April tot 165 sterftes gelei. Die golf van geweld wat die nuwe nasie oorspoel, dreig om dit te destabiliseer voordat dit in Julie formele onafhanklikheid kan bereik. Geweld is in 2011 in nege van Suid-Soedan se 10 state aangemeld, wat glo byna 1 000 mense dood en 100 000 verplaas het. 'Hoe nader suidelike Soedan aan onafhanklikheid kom, hoe meer onstabiel lyk die streek,' merk een joernalis op. Terwyl ons kyk, kan ons bid dat die Here sal opstaan en veg vir hierdie jong nasie – bid dat Hy sy wil en doel vir Suid-Soedan sal bereik. (Ps.68:1; Jer.29:11)
Bid: dat die geeste van geweld, chaos en terreur gebind sal word en die Heilige Gees vra om deur Soedan te beweeg en vrede en hoop aan die mense te gee. (Mat.16:19)
Meer: http://www.abc.net.au/news/stories/2011/04/26/3200157.htm