Sri Lanka: Onlangse anti-Christelike voorvalle

'n Skielike toename in geweld teen die Christelike gemeenskap deur Boeddhiste in Sri Lanka is aangemeld. Barnabas Fonds het verlede week nuus ontvang van tien anti-Christelike voorvalle in verskillende dele van die land gedurende Maart. Die mees gewelddadige van hulle was 'n aanval op pastoor Pradeep Kumara se huis wat vir aanbiddingsvergaderings gebruik is. ’n Skare het die hek oopgedwing, by die perseel ingebreek en die eiendom beskadig terwyl die gesin uit was. Die polisie is ontbied, maar hulle kon nie die skare beheer nie. Die aanval het drie en 'n half uur lank voortgeduur; die aanvallers het opgehou toe hulle Pradeep se vrou gedwing het om te belowe dat daar nie meer aanbiddingsbyeenkomste by die huis sou wees nie. Die pastoor het intense teenkanting teen sy bediening ondervind.

Bid: dat die dreigemente en gewelddadige dade teen Christene nie God se voornemens vir die streek sal stuit nie. Mag die kerk groei in eenheid, geloof en volharding. (Spr.2:12)

Meer: http://barnabasfund.org/Ten-anti-Christian-incidents-in-Sri-Lanka-in-March.html