Storende reën in Thailand, Kambodja, Laos en Viëtnam, wat paaie afgesny het en huise en oeste vernietig het, het 700+ mense doodgemaak en agt miljoen geraak. Die VN is gereed om humanitêre hulp te verleen. Seevloede word van 28 tot 30 Oktober in Thailand verwag wat kan dreig om deur vloedversperrings te breek. ’n Grondverskuiwingwaarskuwing is ook vir vier Thaise provinsies uitgereik. In Laos is 892 huise weggespoel en 2 500 vee het omgekom. In Kambodja en Viëtnam is toegang moeilik tot geaffekteerde sones. Swaar moesonreën het die gebied sedert middel Julie deurdrenk. Sowat 8,2 miljoen mense in 60 van Thailand se 77 provinsies word deur vloede geraak, en 10 miljoen inwoners in Bangkok ervaar meer oplewings van vloedwater. Ook in Sentraal-Amerika het die dodetal weens reën en modderstortings tot minstens 80 gestyg, met El Salvador wat 32 sterftes gely het. Die swak weer duur voort met internasionale snelweë wat uitgespoel is en duisende gesinne haweloos is in 'n streek wat die VN geklassifiseer het as een van die wat die meeste deur klimaatsverandering geraak is.
Bid: dat God saam met almal sal kom wat na hom roep, om reddingswerkers te versterk en regerings te inspireer terwyl hulle werk om humanitêre rampe te voorkom. (Ps.72:12,13)
Meer: http://www.theatlantic.com/infocus/2011/10/worst-flooding-in-decades-swamps-thailand/100168/