Print this page

Suid-Soedan: Stamgeweld

47 is Maandag in stamgeweld in Suid-Soedan dood, die jongste in 'n siklus van aanvalle wat 60 000 mense verplaas het. 'n Plaaslike leier en lid van die parlement het gesê 'n jeugmilisie van die Murle-stam het Duk Padyet aangeval en jong kinders, vroue en ou mense van die Lou Nuer-stam vermoor. 'Hulle het nie beeste gevat nie. Hulle het net gekom vir uitwissing. Ek doen 'n beroep op vinnige maatreëls om die regering van die staat en nasionale regering te neem om die ou manne en vroue wat daar is te beskerm,' het hy gesê. Die regering en die Verenigde Nasies se vredesmagte sê hulle sukkel om gemeenskappe te beskerm in 'n groot gebied so groot soos Bangladesj met skaars padtoegang. Christian Aid het begin om burgerlikes te help wat deur intergemeenskaplike geweld in Suid-Soedan ontheem is. Die regering in Juba het Jonglei tot 'n 'humanitêre rampgebied' verklaar en 'n beroep op internasionale hulp gedoen om die krisis te help beëindig. Sien http://www.ekklesia.co.uk/node/16096

Bid: vir volgehoue ontwikkeling van die nasie en vreedsame naasbestaan tussen verskillende etniese en geloofsgemeenskappe. (Ps.147:14)

Meer: http://af.reuters.com/article/worldNews/idAFTRE80G1L220120117