Die hoof van die Wêreldraad van Kerke het 'n besoek aan Suid-Korea gebruik om 'n beroep op die land se Christene te doen om vredemakers te wees. Ds Dr Olav Fykse Tveit het Christene uitgedaag om God se belofte van vrede te glo in Psalm 85 'God sal vrede tot sy volk spreek' ten spyte van die skeiding tussen Suid- en Noord-Korea vir die afgelope 60 jaar. "Vrede is iets radikaal, iets wat vertel moet word en geglo moet word, sodat dit moontlik kan word," het hy gesê. "Die Koreaanse mense het verlang na 'n finale vrede wat besleg moet word, 'n vrede wat lewe bymekaar kan bring, lewe saam in vrede op hierdie skiereiland weer moontlik kan maak." Hy het besin oor die wêreldwye behoefte aan vredemakers in die lig van die gevegte in Sirië, en onlangs tussen Israel en Palestina. "Ons leef in 'n tyd wanneer die lewe bedreig word, wanneer ongeregtighede in die wêreld 'n werklikheid is, selfs 'n dreigende werklikheid," het hy gesê.
Bid: dat die beloftes van God se vrede deur sy volk geopenbaar sal word, (Ps.85:8)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.in.korea.hear.call.to.be.peacemakers/31545.htm