Suid-Afrika: Risiko vir kinders

Suid-Afrikaanse kinders se skoolvakansie sal saamval met FIFA Wêreldbeker. Ouers en versorgers is bekommerd oor hoe om hulle veilig te hou gedurende die vyf weke van feesvieringe wanneer kinders wat aan hul eie lot oorgelaat word, 'n groter risiko loop om mishandel te word. President Jacob Zuma het ouers gewaarsku en gesê: 'Kinders wat alleen in winkelsentrums en sokkerstadions ronddwaal, sal kwesbaar wees vir mense met bose bedoelings.' Daar sal teenmensehandel-taakspanne in die gasheerstede wees, maar Prest Talbot het die risiko van mensehandel as 'die punt van die ysberg' beskryf. 'Die grootste risiko van kindermishandeling is dikwels op jou voorstoep – van bure of familielede.' Baie Suid-Afrikaanse kinders wie se ouers werkloos is of wees gelaat is maak staat op skoolvoedingsprogramme vir hul hoofmaaltyd van die dag, maar die skemas sal gedurende die vakansie opgeskort word.

Bid: dat kinders wat kos soek veilige plekke sal vind en vir meer vakansiekampe vir kinders in lae-inkomste gebiede. (Jak. 1:27)

Meer: http://www.plusnews.org/Report.aspx?ReportId=89407