Print this page

Somalië: Christen bekeerling tronk toe gestuur en gemartel

Tientalle Somaliese Christen-vlugtelinge wat in Kenia geskuil het, keer nou terug na hul tuisland nadat 'n nuwe sentrale regering in Mogadishu in Augustus 2012 by die Federale Oorgangsregering oorgeneem het. Op 23 Maart is Hassan Gulled (25) ingeneem deur rebelle wat steeds beheer dele van sentraal suidelike Somalië. Hy woon sedert 2007 in Kenia met die Christelike meerderheid en het laat Februarie na Somalië teruggekeer om sy gesin te besoek. Sy vrou is steeds in Kenia. Hassan het in 2010 'n Christen geword en in 2011 getroud. Sy Christelike aktiwiteite is opgemerk deur al-Sjabaab-ekstremiste in Kenia, wat hul eweknieë in Somalië gekontak het. Sy bewegings daar is drie weke lank deur die groep gemonitor voordat hy tronk toe gestuur is.

Bid: vir die onmiddellike vrylating van Hassan en ander wat tronk toe is vir hul oortuigings; bid ook dat al-Sjabaab sal ophou om streng beperkings op gebiede onder sy beheer in te stel. (Mt.5:43-44)

Meer: http://barnabasfund.org/UK/News/News-analysis/Somali-Christian-convert-jailed-and-tortured-by-al-Shabaab-militants.html