Print this page

Seoel: Leek-Katolieke vergelyk met 'n 'slapende reus'

Leke Katolieke word teruggehou deur verpligtinge binne die geestelike strukture. Dit is nou tyd om hulle wakker te maak vir hul spesifieke missie wat soos 'n suurdeeg in die wêreld leef, dit transformeer, die diversiteit van hul geloofslewe wys om sodoende bewondering en vrae te wek by diegene wat nie-gelowiges is. Hierdie is 'n opsomming van die inhoud van besprekings en gesprekke by die Kongres van Asiatiese Katolieke leke in Seoul wat die hede as 'n tyd van oorgang vir die kerk sien. 'n Professor by die Seminarium van Viëtnam het beklemtoon dat enige verbintenis van die Kerk wat nie die sending aan nie-Christene insluit nie, nie 'n ware kerklike verbintenis is nie. ’n Asiatiese leeklid van die Filippynse regering het gepraat oor hoe belangrik dit is om goeie verhoudings met die media te handhaaf en dit met Christelike waardes te vul.

Bid: dat God die slapende Katolieke Kerk in Seoul en wêreldwyd sal wakker maak. (Ef.5:14)

Meer: http://www.asianews.it/news-en/Lay-Catholics-in-Asia:-a-sleeping-giant-that-is-waking-up-19350.html