Saoedi-Arabië: Twee Christene in die tronk

Vriende en familie van die Indiese Christene Yohan Nese (31) en Vasantha Sekhar Vara, het tevergeefs probeer om hul vrylating uit die tronk te verseker. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Moslems tot die Christendom bekeer het, hoewel die regering nie formele aanklagte gemaak het nie. Bronne berig: 'Godsdienstige polisie het hulle ondervra, gevloek en geslaan, Bybels en Christelike materiaal wat hulle gekonfiskeer het, opgeskeur en vertrap, en hulle gevra hoeveel Christengroepe en pastore daar in Saoedi-Arabië en Riaad is. Die godsdienspolisie het ook druk op die twee geplaas om hulle tot Islam te bekeer. Hulle is sedert 21 Januarie in die tronk sonder enige amptelike aanklagte, maar weet dat die aanklagte godsdienstig van aard is. Vara se pastoor het gesê Vara het in sy enigste gesprek met hom 'n week ná sy aanhouding gebede vir sy vrylating versoek.

Bid: vir hul onmiddellike vrylating en dat Christene eervol behandel sal word in Moslemlande. (Ps.7:6)

Meer: http://www.christianpost.com/news/two-indian-christians-languish-in-saudi-prison-49623/