Aartsbiskop Winston Halapua, van die Anglikaanse Kerk van Aotearoa, Nieu-Seeland en Polinesië het 'n desperate beroep gedoen vir gebed vir die eiland Tuvalu in die Stille Oseaan. Kinders loop in die strate rond omdat hul skole gesluit is weens watertekorte. Putte word deur seewater besmet en hulle het 'n kritieke tekort aan drinkwater. Broodbome, piesang- en klapperbome se wortels word deur seewater besmet en sterf. Hulle is die hoofbron van voedsel. Die aartsbiskop se kommer oor stygende seevlakke is nie meer abstrakte teorie nie, maar werklikheid, met geen reënvoorspelling vir Tuvalu vir die volgende drie maande nie. Die aartsbiskop het 'n oproep aan die wêreldwye kerk gerig om vir Tuvalu te bid en bygevoeg: 'Onmiddellike verligting is net 'n klein deel van die storie, die groter storie is dit - doen asseblief iets aan klimaatsverandering.'
Bid: vir befondsing vir die Anglikaanse Sendingraad terwyl hulle saam met die Kerk van Tuvalu werk om kos en water vir die eilandbewoners te voorsien. (Deut.25:4)