Print this page

Filippyne: Die nagmerrie duur voort

’n Humanitêre krisis is amptelik deur die Filippynse regering in Zamboanga City, Mindanao, in die suide van die land verklaar, nadat ontheemde burgerlikes wat in die kruisvuur vasgevang is, na 115 000 geballon is wat nou in tydelike ontruimingsentrums in die stad gehuisves word. Sowat 300 rebelle, deel van 'n faksie van die Moro National Liberation Front (MNLF), het vroeg die oggend van 9 September per boot in die stad aangekom en wou hul vlag bo Zamboanga se stadsaal uitsteek, het militêre amptenare gesê. Hulle het toe die stad beleër en meer as 170 gyselaars aangehou, waarvan die meeste intussen vrygelaat is. Die Filippynse soldate en rebelle, wat in hierdie stryd gewikkel is, het gesien dat die gewelddadige kruisvuur reeds meer as 70 rebelle en 15 regeringstroepe in die voortslepende geveg doodgemaak het. (Sien Gebedswaarskuwing 37-2013)

Bid : vir 'n deurbraak wat 'n oplossing vir hierdie konflik sal bring. (Ps.55:9)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-24222760)