Filippyne: Onthou tifoon Washi

'n Sendeling in die area skryf: ''n Geseënde 2012 vir julle almal! Mag die Here se guns oor jou skyn hierdie komende jaar. Onthou asseblief die mense van Cagayan de Oro en Iligan City, noord van Mindanao, aangesien duisende Kersfees en Nuwejaar in ontruimingsentrums deurgebring het ná die skade wat deur tifoon Washi aangerig is. Eerstehandse verslae vra vir gebed vir die noodwerkers, veral diegene wat in traumasorg bedien. Die mense is steeds getraumatiseer deur die skielike aanslag van die tifoon. Baie meer opgeleide beraders is nog nodig, afgesien van werklike noodlenigingswerk en voorrade. Die ander kwessie is die bedreiging van virusinfeksies in die oorvol ontruimingsentrums. Die regering van Iligan City het reeds die ontruimdes huis toe gestuur om weens hierdie bedreiging deur hul tuisdorpe bestuur en versorg te word. Daar is nog baie meer vas in die ontruimingsentrums met geen heenkome nie.'

Bid: vir die baie Christene wat in hierdie ramp vasgevang is, om God se voorsiening te ken en in staat te stel om met Sy liefde na hulle naaste uit te reik. (Ps.23:4)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/asia-pacific/2011/12/2011122752635220496.html