Die Filippynse regering het 'n raamwerk vredesooreenkoms met die land se grootste Moslem-rebellegroep bereik, sê president Benigno Aquino. Die ooreenkoms volg op lang onderhandelinge met die Moro Islamic Liberation Front (MILF) om 'n 40-jarige konflik te beëindig wat meer as 120 000 lewens gekos het. Die ooreenkoms maak voorsiening vir 'n nuwe outonome streek in die suide, op die eilande van Mindanao waar Moslems 'n meerderheid in 'n andersins hoofsaaklik Katolieke land. Die MILF is 'baie tevrede' met die ooreenkoms, het 'n woordvoerder gesê. Die ooreenkoms is bereik ná samesprekings in Maleisië en sal na verwagting formeel op 15 Oktober in die Filippynse hoofstad, Manila, onderteken word. 'n Afskrif van die raamwerkooreenkoms sê die partye onderneem om 'n 'omvattende ooreenkoms' teen die einde van die jaar te bereik. "Hierdie raamwerkooreenkoms baan die weg vir 'n finale en blywende vrede in Mindanao," het president Aquino in 'n toespraak gesê om die ooreenkoms aan te kondig, met verwysing na die hoof suidelike streek.
Bid: dat hierdie nuwe vredesooreenkoms sal slaag sodat Moslems en Katolieke in vrede sal kan saamleef. (Ps.34:14)