Pakistan: Stamleiers is teen militêre operasies teen Taliban

'n Stamvergadering in Pakistan het vandeesweek die voortgesette militêre operasie deur Pakistan teen die Taliban gekant en dring daarop aan dat die regering gesprekke met die militante voer om die kwessies op te los. Die veiligheidsmagte het onlangs 'n groot operasie teen die Taliban in die Federaal Geadministreerde Stamgebiede (FATA) van stapel gestuur. 'n 'Jirga' (stamvergadering) is deur 'n konglomerasie van verskillende politieke partye in Peshawar georganiseer en hulle het samesprekings met die Taliban-militante ondersteun. Die partye het Jamaat-i-Islami, Jamiat Ulema-i-Islam-F, Pakistan Peoples Party (PPP), Awami National Party, Pakistan Tehreek-i-Insaf en albei faksies van die Pakistan Moslem League ingesluit. Die 'jirga' het die nuut ingevoerde regulasies verwerp en geëis dat die regering politieke en administratiewe hervormings in die streek uitvoer. In 'n gesamentlike verklaring het dit die regering versoek om opstandelinge na die onderhandelingstafel te bring.

Bid: dat ingeperkte Taliban-lede verantwoordelik sal beweeg na vreedsame onderhandelinge in die streek. (Spr.1:10)

Meer: http://feeds.bignewsnetwork.com/?sid=806545