Arif Ferguson skuil na doodsdreigemente van die Taliban omdat hy sy geloof met Moslems gedeel het en standpunte teen die godslasteringswet in 'n plaaslike koerant uitgespreek het. Release International het gesê: 'Hierdie jongste doodsdreigement bevestig dat militante nou selfs die teenstand van die godslasteringswette beskou as 'n 'misdaad' wat die dood verdien.' Hulle sal nie debat in die parlement of in die pers toelaat nie. Dit verhoog die risiko vir Christene in Pakistan wat met onverdraagsaamheid en ekstremisme te kampe het.' Ons word gevra om ook te bid oor die verhoudings tussen Pakistan en NAVO wat versleg het; landwye betogings teen NAVO duur voort na 'n aanval wat 24 soldate in November doodgemaak het; Pakistan het die VSA gevra om 'n lugbasis te ontruim en het die vervoer van NAVO-voorrade oor die grens geblokkeer.
Bid: dat Pakistan se leiers die godslasteringswette moedig sal herroep en saam met die nasies sal werk om vrede in die gebied te bewerkstellig. (Spr.15:29)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/release.warns.of.increasing.persecution.in.pakistan/28989.htm